Die Here my God het ’n eed afgelê by Homself, die Here die almagtige God sê: Ek verafsku die hooghartigheid van Jakob, Ek het ’n weersin in sy mooi huise! (vers 8)

Die toneel wat Amos vir ons skets oor die rykes wat in weelde leef, salig onbewus (vers 1) van die naderende onheil van God se oordeel (vers 3), laat my dink aan Nero wat glo viool gespeel het terwyl Rome afbrand. Weelde kan ’n mens blind maak vir wat om jou aangaan, soos Jesus ons ook in die gelykenis van die ryk man en Lasarus (Luk 16:19-31) waarsku. Dis wat in Israel gebeur het. Hulle het opgehou om die nood van randfigure om hulle raak te sien en só die reg verkrag (vers 12).
Hierdie soort selfgenoegsaamheid is ’n gruwel in die oë van die Here (vers 8). Daarom sê Jesus in sy saligsprekinge (Matt 5:3): “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is.” Iemand wat alte belangrik is in sy eie oë, is ver van God se plan vir sy of haar lewe. So iemand het nie plek in sy hart vir ander nie. En uiteindelik is presies dít die toets wat Jesus op die Laaste Dag sal aanlê (Matt 25:31-46).

image_pdfimage_print

Views: 19

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.