Ek het ook ’n ander engel van die ooste af sien kom met die seël van die lewende God. Hy het met ’n harde stem geroep [ en] gesê: “Moenie die land en die see en die bome tref nie. Ons moet eers die dienaars van ons God op hulle voorkoppe merk met die seël.” (vers 2-3)
Te midde van die kosmiese chaos wat Op 6 beskryf, vertel Johannes van ’n ander tafereel: 144 000 mense is met God se seël gemerk. In Openbaring-beeldspraak beteken dit: die volle getal van gelowiges. Die getal is nie letterlik die twaalf stamme van Israel nie, maar simbolies die geloofsvolk van God, die nuwe Israel. Hulle dra God se merk, want God bewaar hulle.
God ken jou wat gedoop is en sy merk dra, by die naam. Jy is getel. Dis wat die 144 000 wil sê. God het elke kind van Hom getel, presies en noukeurig. Daar is nie ’n enkele een weg nie. Maar, sê hierdie hoofstuk verder, die mense wat aan Hom behoort en getel is, is nie ’n beperkte ou klein groepie nie. Dis ’n groot menigte wat niemand kon tel nie (vers 9). Dit sluit jou ook in.
Views: 27