Die Fariseërs het vir Jesus dopgehou om te sien of Hy hom op die sabbatdag sou gesond maak, sodat hulle vir Jesus daaroor kon aankla. (vers 2)

Een van die probleme wat die Fariseërs met Jesus gehad het, was sy vertolking van die wet, en dan veral die vierde gebod oor die sabbat. Mark 2 sluit af met Jesus se uitspraak dat die Seun van die mens Here óók oor die sabbat is (2:28). In hierdie hoofstuk gee Markus nog ’n voorbeeld van Jesus se hantering van die sabbat.
Baie van ons het grootgeword met ’n siening van die Sondag wat verbasend naby dié van die Fariseërs se sabbatbeskouing was. Daar was honderde reëls oor ’n Sondag en wat dan taboe is, soos fliek, fietsry, swem, fiksie lees, kaart speel … Vir kinders was dit dikwels ’n vervelige dag. En dit terwyl Jesus sê die dag is nie ’n straf van God nie, maar ’n geskenk waarop jy jou menswees kan herontdek ná ’n besige week; waarop jy goed kan doen aan ander, al verg dit inspanning (vers 4).
Ek dink die pendulum het nou te ver teruggeswaai, want deesdae is die Sondag ’n ekstra Saterdag, en kom die diens aan God en medemens glad nie tot sy reg nie.

image_pdfimage_print

Views: 14

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.