Hy het egter omgedraai, na sy dissipels gekyk en vir Petrus berispe. “Moenie in my pad staan nie, Satan,” het Hy gesê, “want jy dink nie aan wat God wil hê nie maar aan wat die mense wil hê.” (vers 33)

Christus se kruisdood is moeilik om te verstaan. Petrus weier om dit te aanvaar. Hy berispe Jesus (vers 32), want Jesus se dood het nie ingepas in sy siening nie. Sopas het hy bely dat Jesus die Christus is (vers 28), gestuur om hulle te verlos en hulle probleme op te los. En nou praat Jesus van doodgemaak word?
Ek moet erken dat ek ook al gedink het as ék nou God was, sou ek dit anders gedoen het. Maar ek is gelukkig nie God nie. Daarom durf ek ook nie sy besluite bevraagteken nie.
Dis ook wat Jesus vir Petrus sê: “Jy dink nie aan wat God wil hê nie maar aan wat die mens wil hê.”
As God se wil voorop in my lewe is, moet ek maak soos Hý wil hê, nie soos ék wil nie. Daarom sê Jesus (vers 34) dat as ons Hom wil volg, ons onsself tweede moet stel, en dat ons óók ’n kruis in ons lewe kan verwag.

image_pdfimage_print

Views: 11

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.