Toe het Hy die mense geleer en vir hulle gesê: “Staan daar nie geskrywe: ‘My huis sal ’n huis van gebed vir al die nasies wees’ nie? Maar julle het dit ’n rowersnes gemaak.” (vers 17)

’n Mens kan jou skaars die geweldige druk voorstel waaronder die Here Jesus verkeer het. Sy tyd het vinnig uitgeloop. Hy moes diep teleurgesteld gewees het dat daar so min positiewe reaksie op sy bediening was; eerder teenkanting en openlike vyandigheid wat aan die opbou is vanuit die leierskorps.
Jesus se intog in Jerusalem (vers 1-11) was oënskynlik ’n triomftog vir Hom, maar Jesus besef dit was pure massa-histerie wat aan die werk is. Lukas se opmerking in Luk 19:39, dat ’n paar Fariseërs wou hê die skare moet stilbly, bevestig dit, asook dat Jesus by dié geleentheid gehuil het oor die gebrek aan insig (Luk 19:41). Hierna volg die vervloeking van die vyeboom. Die vruglose vyeboom is vir Jesus tekenend van die Joodse volk.
Midde-in hierdie hoogspanning reinig Jesus die tempel, want die tempel was óók tekenend van die godsdienstige verval en misbruik onder die leiers. In plaas van ’n huis van gebed vir alles nasies, misbruik die geestelikes die godsdiens vir eie gewin (vers 17).
En die kerkleiers speel vandag nog kerk-kerk.

image_pdfimage_print

Views: 26

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.