Toe hulle na My om hulp geroep het, het dit nie uit die hart gekom nie, want hulle lê op hulle beddens en kerm en sny hulleself stukkend ter wille van koring en wyn. (vers 14)

Die geskiedenis leer dat nog geen beskawing die verval in morele waardes oorleef het nie. Wanneer ’n samelewing tot in sy kern verrot is, begin dinge lelik uitmekaar val. Dit is wat in die Noordelike Ryk aan die gebeur was: bedrog, diefstal en selfs moord was aan die orde van die dag (vers 1). Binnelands was daar geen politieke stabiliteit nie. Die laaste vier konings van Israel is almal vermoor. Die situasie wat in vers 3-7 geskets word, sinspeel op die einde van koning Peka se regering. Met die buitelandse beleid het dit net so beroerd gegaan (vers 11).
Hulle halfhartige roep na God het Hom nie beïndruk nie. Só ver heen was hulle dat hulle nie eers besef het dat hulle met God gepraat het asof Hy Baäl is nie (vgl 1 Kon 18:26-28)!
Dit was hulle probleem. Hulle het God nie geken nie en die rug op Hom gedraai (vers 15).
Sonder om ’n doemprofeet te wees, móét ons uit Hos 7 sien dat die gevaarligte ook vir ons land ook flikker.

image_pdfimage_print

Views: 18

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.