Daar het ses klipkanne gestaan vir water wat die Jode by hulle reiniging gebruik het. Elkeen het tussen negentig en honderd liter gehou. (vers 6)

Hierdie gedeelte gaan natuurlik nie nét oor die huwelik nie; dit gaan oor die lewe self. Die Seun van God het mens geword sodat Hy verlossend deel van ons lewe in al sy volheid kan wees. As die Here Jesus in jou lewe teenwoordig is, is daar geen krisis waarmee Hy jou nie kan help nie. Hy het tog self gesê (Joh 10:10) dat Hy gekom het sodat ons die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Want waar God werk, werk Hy op groot maat. Op die bruilof in Kana gee Hy meer as 500 liter van die beste wyn!
Jy sal ook hierdie soort milddadigheid uit God se hand ervaar. Dit beteken nie dat elke dag ewe opwindend is nie. Maar Joh 2 sê dat God ’n belang het in die detail van ons lewe. Dis nie vir Hom om ’t ewe of ons slaag of nie. As jy die oog op Hom hou, kan jy gerus wees: Hy sal daar wees as die wyn opraak en jy nie weet watter kant toe nie.

image_pdfimage_print

Views: 26

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.