Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. (vers 35)

Joh 3 is seker een van die bekendste hoofstukke in die Bybel. Ons lees in vers 16 hoe lief God die wêreld gehad het. Hy het sy Seun gegee vir ons redding. Jesus is God se instrument om jou en my uit ons verlorenheid te red en God se kinders te maak.
Baie mense steek daar vas – by Jesus as die gekruisigde, die Een wat die sonde van die wêreld wegneem. Dit word vir baie amper ’n gemeenplaas, en hulle meen “Liewe Jesus” is hulle beste pêl. Johannes vertel egter vir ons iets anders. Eergister het ons gelees dat Jesus die Lam is (1:29). ’n Gawe kêrel, klink dit. Moenie glo nie. Hy besit alle mag in hemel en op aarde. Die Vader het alles in sy hand gegee (vers 35; vgl Matt 28:18). Jy sien iets daarvan as jy Op 1:12-16 lees. Allermins ’n Liewe Jesus!
Lees gerus Kol 1:15-20 saam met Op 1:12-16 en bedink dit biddend en aanbiddend. Buig voor Hom, want Hy is die Eerste, verhewe bo die hele skepping. God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon.

image_pdfimage_print

Views: 35

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.