Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! (vers 37)

Die huttefees het die woestyntyd in herinnering geroep, en God se voorsiening, onder andere die water uit die rots (Eks 17:1-7). Elke dag het die priester aan diens water met ’n goue kan uit die Siloambron geskep. ’n Hele gevolg het seremonieel agter hom aangestap na die tempel, waar hy een maal om die altaar gestap het en die water dan by die altaar uitgegooi het onder feestelike trompetgeskal. Op die sewende dag het die priester nie net een maal nie, maar sewe maal om die altaar gestap.
Dis juis by dié hoogtepunt wat Jesus sy uitnodiging gemaak het. Soos God in die woestyn water voorsien het, kan mense na Hom toe kom, en strome lewende waters sal uit hulle binneste vloei (vers 38; vgl Op 22:17). Sy tydsberekening is veelseggend. Alles wat in die offerhandeling gesimboliseer is, wys na Hom – die voorsiening van God, die gebede en hoop op verlossing, is by Jesus te vinde.
Hierdie beloofde lewende water het ook jy ontvang toe Jesus aan jou sy Gees geskenk het (vers 39). Leef vandag opnuut daaruit!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.