Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” (vers 11)

Dié verhaal dwing jou om kant te kies. Waar staan jý in hierdie verhaal? By die skrifgeleerdes en Fariseërs? Of dalk by die vrou? Of, sekerlik, by Jesus en hoe Hy die hele situasie hanteer het?
Natuurlik skaar ons ons by Jesus. Hy het met deernis met die vrou gewerk, haar haar eer en waardigheid teruggegee in ’n baie traumatiese situasie, en ’n groot verleentheid. Jesus tree vir haar in die bres, en stuur haar op ’n nuwe pad, met hoop (vs 11): “Ek veroordeel jou ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”
Ons kan ons ook nie van die vrou losmaak nie. In ’n sekere sin is ons almal soos sy – sondaars. As jy dít goed verstaan, kan jy óók Jesus se woorde vir jouself toeëien: “Ek veroordeel jou ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” Wat ’n ongelooflike woord van bevryding! God veroordeel ons nie! En wat ’n heerlike woord van hoop, dat Hy ons op ’n nuwe pad van genade en oorwinning oor sonde stuur.

image_pdfimage_print

Views: 21

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.