Die Here het jou nie liefgekry en gekies omdat jy groter was as die ander volke nie, jy was die kleinste van almal. (vers 7)

Ons het hier met een van die groot misteries oor God te make, nl. dat Hy dikwels die mindere, die swakke, die onaansienlike kies. Dis nie asof Jakob so wonderlik was dat hy bokant Esau gekies is nie. Dawid was nie die aansienlikste van Isai se seuns nie. Maria het nie uit die elite van Jerusalem gekom nie.
In die konteks van die destydse politiek was Israel onbeduidend; trouens, hulle was ’n slawe-volk. Daar was nie juis iets wat hulle spesiaal gemaak het nie. Hulle het nie op die voorpunt van die wetenskap gestaan nie. Hulle was in vele opsigte ver agter by hulle bure. En tog was hulle God s’n, en het Hy jaloers oor hulle gewaak.
Dit sal ons goed doen om hierdie waarheid oor God helder te oordink, want ook ek en jy is nie sy kinders omdat daar iets besonders aan ons is nie. Daarom moet ons beskeie wees oor ons kindskap van God. Dit is waarlik genade, en genade alleen; nie ons prestasie nie (vgl Rom 3:27 en 1 Kor 1:26-31).
Soli Deo Gloria!

image_pdfimage_print

Views: 13

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.