Ek het weer ’n gesig gesien. Daar was ’n man met ’n maatlyn in die hand … (vers 1)

In die eerste naggesig het Sagaria gehoor dat Jerusalem en die tempel herbou gaan word (1:16). Nou sien hy ’n landmeter wat besig is om die stad uit te lê om te bepaal hoe groot dit moet wees. Dan word hy gekeer. Die Here het ander planne met die stad, daarom is dit onnodig om die stad uit te meet.
Dikwels is ons gedagtes heeltemal te beperkend vir God se werk. JB Phillips het hieroor ’n boek geskryf met die veelseggende titel: “Your God is too small”. Buitendien het God se plan vir die stad nie ’n muur nodig nie, want Hyself sal dit beskerm met ’n muur van vuur rondom.
Buitendien is stadsmure onprakties, want nie net die terugkerende ballinge sal ’n tuiste in Jerusalem vind nie. Baie nasies sal hulle aan die Here verbind en ook deel van sy volk wees (vers 11). Die visie dat die kerk sal strek oor alle grense heen, is nie net ’n Nuwe Testamentiese gedagte nie! Dis hoekom ek en jy ook aan Hom kan behoort.
Jy is óók die Here se oogappel (vers 8), sy kosbaarste besitting. Glo dit vandag!

image_pdfimage_print

Views: 41

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.