Dit kan gebeur dat iemand sondig en troueloos handel teen die Here deurdat hy sy volksgenoot bedrieg met iets wat in sy bewaring gegee of aan hom geleen is, of sy volksgenoot beroof of hom te kort doen. (vers 2)

Wanneer jy iemand anders benadeel, bedrieg of beroof, raak dit ook jou verhouding met God direk, want God is die Een wat vir ons elkeen dít gegee het wat ons ons eie noem. Wanneer iemand dus by ’n ander steel, steel hy eintlik by God, die Besitter van alles. Daarom, so sê Levitikus, moet die een wat ’n ander benadeel of inloop, nie net sy skuld teenoor die benadeelde party betaal nie (vers 5); hy moet ook met God gaan regmaak deur ’n voorgeskrewe skuldoffer te bring (vers 6-7).
Hierdie beginsel loop reg deur die Bybel, naamlik dat jy nie jou diens aan God in ’n kompartement los van die res van jou bestaan kan beoefen nie. Jy kan nie Sondae ewe vroom in die kerk sit, maar in die week verander jy in ’n harde mens wat niks vir ’n ander oor het nie. 1 Joh 4:20 spel dit helder uit: wie sy broer nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê. Dit laat ’n mens dink, nè.

image_pdfimage_print

Views: 6

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.