Hierdie wet is van toepassing op enige vrou wat ’n kind in die wêreld bring, of dit nou ’n seun is of ’n dogter. (vers 7c)

Vir ons moderne mense is dit vreemd dat ’n vrou onrein is nadat sy geboorte geskenk het. Dit is egter in lyn met die konsep dat enige afskeiding uit die liggaam jou onrein maak, en veral bloed. Daarom was ’n vrou ook tydens menstruasie onrein (15:19; vgl ook 15:25). Omdat ’n vrou bloed verloor tydens geboorte, is sy onrein totdat die bloeding ophou. Dit was nie ’n oordeel oor die vrou nie; dit het haar tyd gegee om weer haar kragte te herwin voordat sy met haar normale dagtaak moes voortgaan.
Daar was nog ’n rede. ’n Vrou wat geboorte aan ’n nuwe lewe gee, slaan simbolies ’n slag teen die slang van Eden (Gen 3:15). Teologies is dit ’n merkwaardige oorwinning oor die duiwel en ’n bron van diepe vreugde. Haar onreinheid ná die geboorte moes haar egter nederig en plat op die aarde hou.
Interessant dat dieselfde offer vir ’n seuntjie en ’n dogtertjie voorgeskryf is. In God se oë is daar nie ’n onderskeid tussen man en vrou nie, en in Christus is dié feit opnuut bekragtig (vgl Gal 3:28).

image_pdfimage_print

Views: 4

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.