Jesus het hom geantwoord: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.” (vers 21)

Ek het nog altyd hierdie verhaal met huiwering gelees, want die ryk jongman kon netsowel ek gewees het. Hy was nie ’n onverskillige, wilde persoon nie. Hy was immers op soek na die ewige lewe, en het al die gebooie probeer nakom (vers 20).
Jesus se antwoord haal die wind volledig uit sy seile. Hy het gedink Jesus gaan hom op die skouer klop, maar Hy doen dit nie. Want Jesus weet dat die man gedink het die ewige lewe is iets wat hy kan verwerf. Die man het gedink hy moet net nog ’n bietjie harder probeer. Jesus verwag egter ’n heroriëntasie, waar nie sy geld of besittings sy lewe oorheers nie. Hy moes loskom van sy aardse skatte en Jesus begin volg.
Jesus het hierdie eis op ander plekke ook gestel. “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie,” sê Hy in Luk 9:62. So, die vraag is: “Wat hou jou terug van voluit navolg?”

image_pdfimage_print

Views: 12

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.