Maar die bruidegom antwoord: ‘Ek sê vir julle: Ek ken julle nie!’ (vers 12)
Dit gaan in hierdie gelykenis om tien meisies wat almal op die koms van die bruidegom gewag het. Hulle was nie onverskillige, afvallige mense nie! Ook die vyf onverstandige meisies het uitgesien na die koms van die bruidegom. En tog is hulle op die ou end uitgesluit.
Dít is die dringende feit wat die Here Jesus in hierdie gelykenis onderstreep: Ook binne die kerk is mense wat verlore sal gaan – en hulle weet dit nie! Hulle is salig onder die indruk dat hulle saam met die ander wag op die koms van die Bruidegom. En tog sal hulle op die dag van die wederkoms hoor (vers 12): “Ek ken jou nie.”
Die fout wat die onverstandige meisies gemaak het, was dat hulle nooit die bruidegom leer ken het nie! Om te doen wat God vra, beteken tog in die heel eerste plek: om Jesus Christus persoonlik te ken. Dit bid Jesus ook in Joh 17:3: “En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.”
As jy die Here ken en liefhet, kan jy gerus wees. Die hemelpoort is oop vir jou!
Views: 12