Toe lig Moses sy hand op en hy slaan die rots twee keer met die kierie. Daar het baie water uitgekom, en die volk en hulle vee het gedrink. (vers 11)

Moses was die hele tyd die teiken van die aanvalle en verwyte van sy volksgenote. Dit het al in Egipte begin (Eks 5:21 e.v.) en sedertdien nooit opgehou nie. Dit moes hom teen die mure uitgedryf het, en hierdie insident by Kades was die laaste strooi. Dit was immers nie sy skuld dat hulle in die woestyn was en nie genoeg water gehad het nie. Dit was die Here se straf omdat die Israeliete Hom nie vertrou het om in die beloofde land in te gaan nie.
Moses was ’n sagmoedige man, meer as enigiemand anders op aarde (12:3), maar hier het hy dit verloor en besluit om met groot vertoon te maak asof hy en Aäron die water uit die rots sal laat kom (vers 10). So het hy die eer vir homself gevat, in plaas daarvan om die Een wat sorg en voorsien, te erken. Die gevolg was dat hy en Aäron nie in die beloofde land kon ingaan nie (vers 12).
Oppas. As selfs Moses in ’n oomblik van swakheid kon faal, kan ek en jy ook.

image_pdfimage_print

Views: 18

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.