Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. (vers 15)
Dit is duidelik uit hierdie brief van Petrus, dat die gelowiges anders is as ongelowiges. Daarom spreek Petrus sy lesers aan as “uitverkorenes”, “vreemdelinge in die wêreld” (vers 1), en in 2:1 voeg hy die omskrywing by: “bywoners”.
Die rede vir ons andersheid lê in God. Dit is Hý wat ons anders gemaak het, omdat Hy ons uitgekies het om sy eie volk te wees in hierdie wêreld. Dít is hoe Petrus sy brief begin (vers 1-2). Daarom verwag God van ons om inderdaad ook anders te lewe as die wêreld, soos Hy te wees; heilig te wees (vers 15-16).
‘Heilig’ beteken om nie maar net deel van die wêreld nie, maar uitgekies en eenkant gesit om aan God te behoort en diensbaar te wees vir Hom. Dit beteken om in alles aan God gehoorsaam te wees en daarom om ons lewens in te rig volgens die riglyne in die Bybel, nie volgens ons begeertes nie, sê vers 14.
Wie nie bereid is om met sy hele lewe aan God te behoort nie, hoort nie in die kerk nie. Wees dan heilig, want ons God is heilig (vers 16).
Views: 15