Toe het ek ’n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf op! Geseënd is dié wat van nou af in die Here sterwe.” “Ja,” sê die Gees, “hulle sal rus van hulle arbeid, want alles wat hulle gedoen het, volg hulle.” (vers 13)

Dink net: dit wat ons vandag doen, volg ons hemel toe. Ons is nou al besig om te bou aan God se nuwe skepping. Dít wat ons in hierdie lewe in Gods Naam verrig, sal bly staan! Dit word deel van wie ek is en wie ek gaan wees in die ewigheid. Dit is nié maar om ’t ewe of ek met die dinge van die Here besig is of nie. In God se nuwe wêreld sal daar ook plek wees vir dit wat ons hier op aarde vir Hom gedoen het.

Ons durf dus nie sit en wag op die wederkoms nie; ons het die voorreg om nóú al iets van God se nuwe wêreld ’n werklikheid te laat word. Daar waar jy iemand se eensaamheid verdryf, iemand se lyding help versag, ’n treurende troos, jy ’n stukkie brood, ’n kombers of ’n beker koffie vir iemand gee, is jy besig om iets van God se nuwe wêreld ’n werklikheid te laat word.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.