Julle, daarenteen, is ’n uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. (vers 9)

Ons is deur God gekies en vir diens aangestel. Ons is heilig om ’n koninklike priesterdom te wees: koning Jesus se priesters in die wêreld, om tussen God en die wêreld te staan, om namens God voor die wêreld te staan, maar ook deur ons voorbidding namens die wêreld voor die Here te staan.
Ons is bevoorreg om toegang tot God te hê in gebed, en Hy praat ook met ons deur sy Woord. Daarom wil God ons gebruik om sy stem te wees teenoor hulle wat lankal opgehou het om na Hom te luister. Maar ons moet ook God se stem wees waar mense in nood is, seer het, eensaam is, verlate voel, treur. Dáár moet ons God se teenwoordigheid indra by mense wat Hom nodig het.
Dit spreek natuurlik vanself dat ’n mens net God se stem kan wees as jy self God se stem ken en met Hom praat in jou binnekamer, en na sy Woord luister wanneer jy die Bybel lees en dit bestudeer.

image_pdfimage_print

Views: 9

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.