Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag ’n mens nie skei nie. (vers 6)
Die huwelik is nie maar net ’n saak tussen jou en jou eggenoot nie. God is daarby betrokke. Die dag toe julle getroud is, het God julle saamgevoeg. Dit was nie maar net die dominee of die landdros wat julle aan mekaar verbind nie, dit was God wat julle een gemaak het, sê die Here Jesus. Jou huwelik is ’n saak tussen julle en God.
Die dag toe julle aan mekaar trou beloof het, daardie dag het alle ander moontlike huwelike vir julle ophou bestaan. Daardie dag het jy klaar, finaal gekies. Slegs die dood kan die band wat julle aanmekaar vasbind, losmaak.
Daarom mag jy nooit ophou om vir jou huwelik te bid nie, en aan jou huwelik te werk nie. Onthou, dit is al wat jy het. Jy kan nie op ’n dag besluit jou huwelik het nie gewerk nie, jy gaan maar iemand anders probeer nie. God het jou immers aan jou eggenoot verbind. Jy mag nie daardie band breek nie. Wat God saamgevoeg het, mag ’n mens nie skei nie.
Views: 17