Jy moet goed onthou dat die Here jou God nie hierdie goeie land vir jou gee om in besit te neem omdat jy volmaak is nie. Jy is ’n hardkoppige volk. (vers 6)

Ons wil almal graag raakgesien wees. Ons vier ons prestasies en hou daarvan om op die skouer geklop te word as ons iets bereik het. Dit as sodanig is nie verkeerd nie, mits dit met die nodige erkentlikheid en beskeidenheid gebeur.
Moses was bekommerd dat Israel groot kop gaan kry wanneer hulle teen alle verwagting in die oormag van Kanaän verower (vers 1). Hy het geweet dat dit maklik is om te vergeet waar jou hulp vandaan gekom het as jou taak eers afgehandel is. Dan is dit nie meer die Here se goeie guns nie, maar jou eie prestasie wat dit bewerkstellig het.
Trots in die sin van eiegeregtige hoogmoed word dikwels in die Bybel veroordeel of in ’n uiters negatiewe lig gestel. Dit skreeu teen alles wat die Gees in ons wil werk (Gal 5:23). Die mens wat nie naby God leef nie, is afskuwelik, waarsku Paulus in Rom 1:30.: “… hulle is hooghartig, aanmatigend, verwaand …”
Erkentlik en beskeie, want ons roem lê nie in onsself nie, maar in God.

image_pdfimage_print

Views: 6

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.