Julle het mos klaar alles wat julle begeer! Julle is al klaar ryk! Julle regeer al klaar soos konings! Ons nog nie. As julle tog maar werklik konings was, sodat ons saam met julle kon regeer. (vers 8)

Ons kom in hierdie hoofstuk by die kern van die probleem in Korinte ā€“ geestelike hoogmoed. Paulus huil oor mense daar wat dink hulle is wonderlik en op die toppunt van geestelikheid. Die waarheid is egter die teenoorgestelde.

Die moeilikheid met geestelike hoogmoed is dat dit jou laat dink jy het aangekom, jy is as ā€™t ware klaar in die voorportaal van die hemel. Daarom dink jy jy het nie geestelike groei nodig nie. Daarmee het die KorintiĆ«rs hulleself mislei, want hulle was in werklikheid nog babatjies in die geloof (1 Kor 3:1-3). In Openbaring 3:17 skryf die Here Jesus in dieselfde trant aan die gemeente in Laodisea: ā€œJulle sĆŖ: ā€˜Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie,ā€™ en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal.ā€

Geestelike hoogmoed het so byna-byna die gemeente in Korinte se einde beteken. Gā€™n wonder nie dat beskeidenheid so hoog aangeslaan word as ā€™n geestelike deug (vgl. Efes 4:2 en Gal 5:23).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.