Die Here jou God sal ’n profeet onder jou na vore laat kom, een van jou volksgenote. Hy sal soos ek wees. Vir hom moet jy gehoorsaam. (vers 15)

Hierdie uitspraak handel oor die profete-amp. Op hulle het die verpligting gelê om namens die Here uitsprake te maak (vers 18). Só het God oor eeue sy volk gerig. Dit was juis die profete-stem wat gemaak het dat die Jode die ballingskap oorleef het, want vóór die ballingskap al het die profete die volk gewaarsku dat dinge verkeerd gaan loop omdat hulle die Here verlaat het. Die ballingskap was ’n volksramp, maar omdat mense verstaan het dat dit van God kom, soos die profete voorspel het, het hulle nie hulle geloof verloor nie.
Die profete van ouds was egter net voorlopers van die groot Profeet wat God sou stuur. Hy, Jesus Christus, is een soos ons (Joh 1:14). Hý is God se woord aan ons (vgl Heb 1:2). Trouens, Hy is God se finale woord aan ons, en alles wat mense oor God sê, moet aan Jesus se woorde getoets kan word.
Daarom, dink ek, moet ons baie meer moeite doen om die Evangelies te lees, sodat ons Jesus se woorde en sy verstaan van die Koninkryk ons eie kan maak.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.