So moet jy ook maak met ’n donkie of ’n kledingstuk van jou volksgenoot of enigiets anders wat wegraak en jy kry dit. Jy mag nie onverskillig staan daarteenoor nie. (vers 3)

Op vakansie in Skotland was ons in ’n pub waar ’n £10-noot op die toonbank gelê het. Volgens die kroegman het dit maande lank daar gelê. Niemand het dit gevat nie. Dit was vir my erg vreemd. Hier by ons sal só ’n noot nie ’n dag oorleef nie. Optelgoed is vatgoed, sê ons mos. Die Bybel sê dis nie so eenvoudig nie. ’n Verlore item behoort aan iemand anders, nie aan jou nie.
Dieselfde geld vir diere in nood (vers 4). Jy kan nie jou skouers optrek en sê dis nie jou dier nie, en daarom nie jou probleem nie. Ons is verantwoordelik vir ’n ander se besittings. Elkeen wat hulp nodig het, is immers ons naaste.
Ons verantwoordelikheid teenoor ander strek heelwat verder as wat ons vandag sou dink. In ons indiwidualistiese wêreld kan ons maklik ons skouers optrek en sê iets is nie ons besigheid nie. Die reëlings wat Moses hier tref, weerspreek dit egter.
Om soos Jesus met deernis te leef, dís ons roeping.

image_pdfimage_print

Views: 6

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.