Wanneer ’n man met ’n vrou trou, kan dit gebeur dat hy haar nie meer liefhet nie omdat hy iets onbetaamliks aan haar gevind het. Dan mag hy ’n skeibrief skryf en dit vir haar gee en haar uit sy huis uit wegstuur. (vers 1)

Met hierdie bepaling het Moses dit moeiliker gemaak vir ’n man om sommer net sy vrou te los oor iets onbenullig. Maar later was daar verskil van mening oor wat Moses bedoel het met “iets onbetaamliks”. Die woord in die oorspronklike Hebreeus is ’n tegniese term, waarvan die presiese betekenis verlore gegaan het. Só was daar in Jesus se tyd twee denkrigtings. Die skool van Rabbi Sjammai was strenger en het egskeiding slegs toegestaan op grond van die vrou se owerspel. Rabbi Hillel was meer toegeeflik en het egskeiding op enige grond toegelaat. Selfs verbrande kos was volgens dié siening iets onbetaamlik en ’n grond vir egskeiding!
Toe Jesus oor hierdie saak gekonfronteer is (Matt 19:3-9), kies Hy die standpunt van Rabbi Sjammai. Die feit dat Moses egskeiding hoegenaamd toegelaat het, was ’n toegewing, nie die norm nie. Egskeiding druis in teen God se skeppingsbedoeling, sê Hy (Matt 19:4-6).
Egskeiding is nie God se plan nie, en mag steeds slegs as allerlaaste opsie oorweeg word.

image_pdfimage_print

Views: 12

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.