Wie het wat nou gebeur, lankal aangekondig? Wie het al vantevore gesê dit sal gebeur? Is dit nie Ek, die Here, nie? Daar is buiten My geen God nie; net Ek is ’n God wat regverdig is en red. (vers 21)

Ons aanbid die enigste lewende, ware God, soos Hy ook in hierdie hoofstuk self sê – Net Hy kan vooruit sê wat gaan gebeur; Hy alleen is God, regverdig, die Een wat red; daar is geen ander gode naas Hom nie (vers 21-22). Hy heers oor groot en magtige konings, soos Kores, en neem hulle in diens (vers 1-7); Hy is die bron van alle redding en krag (vers 8, 19, 24); Hy is die Heilige van Israel (vers 11) en die Redder van Israel (vers 15); Hy spot met die afgodsdienaars (vers 16, 20); Hy is die Skepper van die heelal (vers 18) en die Here voor wie elke knie uiteindelik sal buig (vers 23).
Die enigste gepaste reaksie as ’n mens dié dinge lees, is verwondering en heilige ontsag vir ons wonderlike, onvergelyklike God. Voor Hom kan ons net diep in aanbidding buig. En die beste van alles is: Hy is ons God! Hy het Hom aan ons verbind! Halleluja!

image_pdfimage_print

Views: 169

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.