Simson en skoonhede sinoniem

Flambojant, aantreklik, charismaties, hartbreker.
 
SIMSON BEN MANOAG, die spierpaleis uit Sora, het alles om ’n vrou lam in die knieë te maak, en hy doen dit ook met oorgawe. Dis veral die Filistynse meisies wat hy in die oog het. Na ’n kortstondige en stormagtige huwelik met die beeldskone Tina van Timna het hy die tonge behoorlik laat klap toe hy opgemerk is in die geselskap van ’n aantreklike dame in Gasa, want sy het blykbaar ’n reputasie wat heelwat langer is as Simson se befaamde haarlokke. Hy was so kwaad oor dié skinderpraatjies dat hy Gasa se stadspoort uitgeruk en weggedra het, tot groot ontsteltenis van die waardige stadsvaders. Nou kuier die kragman weer in die Sorekvallei by nog ’n Filistynse skoonheid, Delila.
 
“Ons is net goeie vriende,” was die enigste kommentaar wat Simson oor die verhouding wou lewer, maar dié wat weet, sê hy is tot oor sy ore op die pragtige vrou verlief. En sy is glo nie ’n katjie om sonder handskoene aan te pak nie. Wie weet: dalk kry sy dit nog reg om onse kragreus te tem?
 
Lees alles van Simson se manewales in Rigters 13 – 16.
image_pdfimage_print

Views: 10

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.