As julle maar liewer net wou stilbly, sou dit vir julle tot wysheid gereken kon word. (vers 5)

Die spreekwoord lui: “Leë vat, hou toe jou kraan, dan sien hulle jou vir ’n volle aan.” Dis presies wat Job vir sy vriende sê (vers 5). Hulle moet liewer stilbly (vers 13), want hulle gebrabbel wys dat hulle nie verstaan wat aangaan nie. Hulle probeer om God teenoor Job te verdedig (vers 8), terwyl Hy nie verdedigers nodig het nie. Trouens, in hulle pogings om Hom te verdedig, verdraai hulle die waarheid met goedkoop afleidings (vers 7).
In Job se krisis doen die ongevraagde preke van sy “vriende” meer kwaad as goed. Daarom, met groot huiwering en vrees, wend hy hom tot God self (vers 20 en verder). Dit is merkwaardig dat hy dit waag, omdat hy al oor en oor gesê het God het sy vyand geword. Dit wys dat Job nog nie vir God die rug toegekeer het nie.
Dit is vandag ook die beste uitweg in jou nood. Praat met God. Stort jou hart voor Hom uit. Hy is per slot van rekening die enigste Een wat werklik kan help. In Jesus het Hy dit tog onomstootlik bewys dat Hy aan jou kant is (Joh 3:16).

image_pdfimage_print

Views: 8

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.