Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was. (vers 3)

Jesus is op pad na die paasfees in Jerusalem; sy laaste paasfees. ’n Groot groep mense is by Hom. Lukas praat van ’n skare (18:36 en 19:3). Ek sou ook graag deel van daardie skare wou wees. Om darem saam met Jesus op reis te wees!
Maar daar is ’n probleem met hierdie skare. Hulle pak Jesus só toe dat ander mense nie naby Hom kan kom nie. Eers maak hulle die blinde Bartimeus stil (18:39), want hulle wil Jesus nie met hierdie sukkelaar deel nie. En in Jerigo steur hulle hulle nie aan Saggeus nie. En toe Jesus later wel na die tollenaar se huis afdraai, is almal verontwaardig (vers 7).
Die mense wat Jesus volg, staan tussen Jesus en ander. Dis nogal iets om aan te dink: dat jou meerderwaardige houding ander kan afstoot. Of dat jou lewe só is dat jy ander keer om nader te kom. Sondae sit ons ewe vroom die banke warm, maar lyk ons lewens Maandag anders as die ongelowiges s’n? Ouers se lewens maak dat hulle kinders ’n renons in die kerk kry.
Sal mense Jesus volg as hulle jou ken?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.