Maar tog is dit hulle wat vir God sê: ‘Laat staan ons, ons weier om u wil te ken. Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? Watter nut het dit om Hom te aanbid?’ (vers 14-15)
Ons ken almal mense wat hulle nie steur aan God en sy gebod nie, en tog lewe hulle voorspoedig. Dan sê ons hy of sy kom met moord weg. In Bybelse tye het mense ook daaroor gebrom. Lees gerus Mal 3:14-15. Jesus het self daarna verwys in Matt 5:45, waar Hy sê ons hemelse Vader laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en dit reën op regverdiges en onregverdiges.
Dié feit trek natuurlik ’n streep deur die soort redenasies van Job se gespreksgenote.
Vir ons sin vir geregtigheid is dit eenvoudig verkeerd. Ons wil hê dit moet met die goddelose sleg gaan, en die vromes (óns!) moet geseën word. Is ons dan nie God se kinders nie?
Die fout wat ons maak, is om God se seëninge in materiële voorspoed te soek, terwyl dit eerder op geestelike gebied lê – die geborgenheid en troos van aan God te behoort (HK vraag 1); die ewige lewe en dat niks of niemand ons uit Gods hand kan ruk nie (Joh 10:28-29 en Rom 8:38-39).
Views: 6