Joas is ses jaar by hulle in die tempel versteek, en in dié tyd het Atalia die land geregeer. (2 Kron 22:12)
Dit was een van die donkerste tye in Juda se geskiedenis. Die huis van Dawid was oënskynlik volledig uitgewis. Eers het Joram al sy broers laat vermoor, en Jehu het hand bygesit (vers 7-9). Ná Ahasia se dood het Atalia die res van die koningshuis laat doodmaak. ’n Mens kan beswaarlik glo dat ’n ouma al haar agterkleinkinders kon uitwis, maar dis wat gebeur as jy in die kloue van Satan beland. Jy word ’n monster.
Satan het waarskynlik geglo dat hy gewen het, net soos hy jare later geskater het van lekkerkry toe die laaste en grootste Seun van Dawid op Golgota gesterf het. Maar hy het nie gewen nie, en hy sal ook nooit kan wen nie, want die mag behoort aan God. Daarom lees ons dat een van die prinsesse, Jehoseba suster van Ahasia, die babaseuntjie Joas stilletjies weggesteek het sodat hy sy grootouma Atalia se moordbende ontsnap het. Dit laat ’n mens nogal aan Herodes se kindermoord in Betlehem dink, en Jesus wat ontsnap het.
Ons God bly in beheer, ondanks die listige aanslae van Satan. Ook in jou lewe!
Views: 9