Toe het die Here vir Job aangespreek uit ’n stormwind uit … (38:1)

Uiteindelik verbreek God die stilte. Hy doen dit in twee groot diskoerse (Job 38 – 39, en 40 – 41). Hy reageer nie op Job se aantygings nie, maar Hy bevind Job ook nie skuldig (soos die vriende gemeen het Hy sal doen) nie. Hy praat oor die skepping en stel ’n reeks vrae aan Job wat Hy weet Job onmoontlik kan antwoord. Daarmee onderstreep Hy die feit dat Job geensins insig in God se verborge raad het nie. Só sit Hy Job op sy plek. Kyk bv na God se spottende opmerking in 38:21: “Jy moet dit weet, jy wat maak of jy toe al gebore was, of jy ’n lang lewe agter die rug het.” Job verstaan nie die binnewerke van die skepping nie (38:4-38). Job is ook nie die een wat die wilde diere versorg nie (39:1-33). Die wêreld kom heel goed klaar sonder die mens se toedoen!
Hierop bly Job liewer stil (38:37-38). Hy het nog baklei in hom, maar besef hy is nie opgewasse vir ’n geveg teen God nie. Daarom lê hy hom neer voor God se alwysheid. Eers later (42:3) sal hy sy eie dwaasheid bely.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.