’n Woord van die Here wat tot die profeet Jeremia gekom het. Dit handel oor die ander nasies. (Jer 46:1)

Jer 46 tot 51 is profesieë wat Jeremia oor Juda se buurvolke, en oor die wêreldmoondhede van destyds (Egipte en Babel) uitgespreek het. ’n Opsomming van hierdie profesieë kry ons in Jer 25.
Ek gaan nie al die uitsprake afsonderlik behandel nie; al die profesieë voorspel in digterlike taal die ondergang van hierdie antieke volkere. Ons gaan wel môre na Jer 50 – 51 kyk, om die leeswerk effens te verdeel. Vir ons vandag is die detail van hierdie profesieë nie regtig relevant nie, behalwe dat ons terugskouend die vervulling van hierdie woorde kan waardeer.
Hierdie profesieë plaas die oordeel van God oor Juda in perspektief. Dat God sy volk veroordeel het en die oordeel voltrek het, beteken nie dat Hy sy aanspraak op ander volke laat vaar het nie. Hy bly die Here oor almal. Daarom dat ook die ander nasies nie skotvry gaan kom nie. As die oordeel by die huis van God begin, hoe sal die ander nasies dit kan vryspring? (vgl 1 Pet 4:17)
Wat volkere aan mekaar doen, ook vandag, gaan nie ongemerk by God verby nie. Dis ons troos.

image_pdfimage_print

Views: 9

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.