Oor ons oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. (vers 5)

Hierdie profesie is honderde jare voor Christus se koms uitgespreek, maar jy moet blind wees om nie te sien dat Jesaja hier oor Christus praat nie. As jy besef dat dít is wat jou sonde aan Christus gedoen het, kan jy nie anders as om met afsku vervul te word oor die verskriklikheid van sonde nie. Oor óns sondes is Hy verbrysel.
Maar hierdie gedeelte wil ons nie net iets van die verskriklikheid van Christus se lyding laat sien, of van die vreeslikheid van ons sonde nie. Dit wil ons veral laat sien hoe groot en wonderlik God is, hoe oneindig genadig, hoe onbegryplik groot in sy liefde, dat Hy dit alles aan sy eie Seun laat doen het ter wille van ons redding. Die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.
’n Mens kan maar net in aanbidding laag voor die Here buig as jy die wonder van God se genade begryp. Halleluja!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.