Dawid het toe besef dat die Here hom as koning oor Israel bevestig het, want sy koningskap het hoë aansien gekry ter wille van die Here se volk Israel. (1 Kron 14:2)

Dink vir ’n oomblik terug aan Dawid se nederige begin as die jongste van Isai se sewe seuns. Hy moes sy pa se kleinvee oppas en is nie werd geag om aan die oorlog teen die Filistyne deel te neem nie. En nou is hy koning van ’n opkomende wêreldmoondheid. Sy opgang is verbluffend. In twee veldslae breek hy die Filistyne se mag; iets wat Saul nooit kon doen nie. Hy kry erkenning van koning Hiram van Tirus. Die klomp seuns wat vir hom in Jerusalem gebore is, vertel ook iets van sy aansien op die internasionale politieke terrein. Verdrae met ander volke is destyds dikwels verstewig deur met ’n vrou van die ander volk te trou.
En tog, ondanks hierdie ongelooflike opgang, bly Dawid nederig-afhanklik van die Here. Dawid besef dat dit nie sy vernuf en staatsmanskap was nie, maar die Here se werk (vers 2 en 17). Selfs die slagveld het hy biddend betree (vers 10, 14 en 16).
Die versoeking bly groot om jou sukses kop toe te vat (vgl Luk 12:19 en Rom 12:3).

image_pdfimage_print

Views: 24

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.