Toe Josafat ryk geword het en groot aansien geniet het, het hy ’n huwelik tussen ’n lid van sy familie en een uit die familie van Agab gereël. (2 Kron 18:1)

Die Kronis gee nie vir ons veel besonderhede oor koning Agab van Israel nie. 1 Kon 17:29 – 22:40 skets egter vir ons ’n prentjie van ’n goddelose, selfgesentreerde man. 1 Kon 21:25 sê van hom: “Daar was nooit iemand wat hom soos Agab daaraan oorgegee het om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here nie.” Dat Josafat deur sy diplomatieke betrekkinge met dié man deurmekaar geraak het, is verstommend. Agab het nie die Here gedien nie; trouens, saam met sy vrou Isebel het hy sy bes gedoen om die land skoon te maak van almal wat Jahwe gedien het. Sy optrede teenoor Miga wys iets hiervan.
Die Bybel waarsku ons om nie met ongelowiges in een juk te trek nie (2 Kor 6:14), want deur dit te doen, beland jy in situasies waaroor jy nie beheer het nie. Ongelowiges het ander waardes as ons, en hulle ongeërgdheid oor wat God sê, spel probleme. Dis wat met Josafat gebeur het, en dit het hom so byna sy lewe gekos.

image_pdfimage_print

Views: 3

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.