Terwyl hulle op pad was, sê iemand vir Hom: “Ek sal U volg waar U ook al gaan.” (vers 57)

Jesus het dikwels mense opgeroep om Hom moet volg, soos vers 59 bevestig. In Matt 11:28 nooi Hy immers: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” Lukas vertel in vers 57-62 van drie mense wat bereid was om Jesus te volg, maar Jesus wys hulle af.
Dit laat ’n mens wonder oor die versekering dat jy na die Here moet gaan net soos jy is, want Hy stel nie voorwaardes nie.
Kyk weer na die verse. Jesus het nie die drie kandidate afgewys omdat Hý voorwaardes gestel het nie; Hy het hulle afgewys omdat húlle voorwaardes gestel het. Dit is die punt. Jesus vat jou net soos jy is, maar as jy by Hom is en Hom wil volg, gaan jy nie bly soos jy is nie. Jy sal jouself moet verloën, jou gemak en gerief en eie ek neerlê en jou rus in Jesus vind.
Die drie kandidate het nie daarvoor kans gesien nie. Dít is die vraag wat ons telkens weer moet beantwoord: Is ek bereid om Jesus heelhartig te volg?

image_pdfimage_print

Views: 28

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.