Ons het nie ons harte vir julle gesluit nie; julle het julle harte vir ons gesluit. (vers 12)
Wat met Paulus gebeur het, is ongelukkig nie ān geĆÆsoleerde geval nie. Talle predikante het sedertdien dieselfde ervaring van verwerping deur hulle gemeente. Ek hoor anderdag ān dominee sĆŖ die gemeente waar hy nou is, het die drie predikante voor hom weggewerk, maar hulle gaan hom nie ook daar wegkry nie. So asof daar oorlog tussen die gemeente en hulle leraar is.
Dit was wat met Paulus gebeur het. Ondanks sy beste pogings, het hy en sy medewerkers dikwels tweede gekom aan die hand van die einste mense vir wie hulle hulle afsloof (verse 3-10). Hy maak nie daarop aanspraak om foutloos te wees nie, maar wel dat hy swak behandel is omdat die gemeente hulle harte vir hom gesluit het.
Wat ān tragiese toestand! Hoe verskriklik dat dit in die kerk van die Here Jesus kon gebeur en nog steeds gebeur! In Korinte was dit die gevolg van ān skinderveldtog teen Paulus. Dit is hoe dit meestal gebeur, vandag ook. Wanneer mense die oog van Jesus afhaal en hulle eie belange begin najaag, verdwyn die hartlikheid en goeie gesindheid onderling baie vinnig.
Bid tog vir jou dominee en jou gemeente!