Hou dan in gedagte wat julle vroeër was. […] Maar nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus. (Efes 2:11 en 13)

Rassisme is nie ’n nuwe verskynsel nie. In Efese was daar Joodse gelowiges wat neergesien het op almal wat nie Jode was nie en hulle gojim genoem het, ’n skeldwoord. En dan was daar die Griekse gelowiges wat almal wat nie Grieks was nie, barbaroi genoem het; ook ’n skeldwoord. Ons ken vandag nog sulke skeldwoorde om mense wat anders as ons is, mee te beskryf en te degradeer tot mense wat ons mindere is.
Paulus skryf dat hierdie soort verdeling van mense in verskillende kampe nie in die kerk tuishoort nie. God het ons immers nuut gemaak (vers 10). Daarom moet ons vanuit hierdie nuutheid na ander kyk, en in gedagte hou dat ons ook eers buitestanders was (vers 11). Christus is immers ons vrede. Hy het die vyandskap tussen mense afgebreek (vers 14).
Christus het dit in sy hele lewe uitgeleef. Hy het grense afgebreek. Hy het tyd gehad vir vroue, gesels met Samaritane, met tollenaars, met sondaars. Hy het uitgereik na hulle wat verstoot is. Hierin moet ons Hom volg.

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.