Toe Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle toekyk, en ‘n wolk het Hom uit hulle gesigsveld weggeneem. (Hand 1:9 AFR20)

Die eerste ding waaraan ek dink as ek aan Jesus se hemelvaart dink, is dat dit sy troonsbestyging was. Met sy hemelvaart het Hy sy regmatige plek aan die regterhand van die Vader ingeneem, in die posisie van mag, om oor sy kerk, oor jou en my, te regeer. Hy is immers ons koning, en dís wat Hy nou doen: Hy regeer, Hy beskerm, Hy waak oor sy kerk (Ef 1:20-23).
Jesus is ook daar om vir sy dissipels in te tree en te pleit (Rom 8:34). Want Hy weet wat dit is om mens te wees, om emosies te hê, om versoekings te moet deurstaan. En daarom kan Hy as ons oudste Broer vir ons met begrip en deernis pleit en intree, daar aan die regterhand van die Vader.
Ons het ’n Broer in die hemel! Jesus is daar; ’n mens, en dit is ons waarborg dat ons ook daar sal kan kom. Die hemel is nie net ’n plek vir God en sy engele nie. Dis ook ’n plek vir God se mense. Dit bewys Jesus se hemelvaart.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.