Ons sal dan al ons aandag aan gebed en die bediening van die woord bly gee. (Hand 6:4)

Dit is belangrik om te sien dat die kerk ’n plek is waar daar vir verskillende mense – vir alle lidmate – werk is. Die apostels het nie alles self probeer doen nie. Hulle was baie sensitief daarvoor dat daar belangrike goed agterweë sal bly as hulle hulle hande vol het met ’n klomp organisasie. Hulle het verstaan dat hulle ’n bepaalde rol in die gemeente gehad het. Hulle taak was om hulle toe te lê op die gebede en op die verkondiging van die Woord. Dit is waarvoor hulle geroep en opgelei is. Ander mense kon die versorging van die weduwees net so goed, of selfs beter, as hulle behartig.
Ons is nie, en mag nooit, ’n predikantskerk wees waar alles om die predikante draai en die predikante alles doen nie. Dís nie hoe die kerk in Handelinge gedink het nie, en dis ook nie hoe ons oor die gemeente mag dink nie. Paulus skryf uitvoerig hieroor in 1 Kor 12. Ons elkeen is lid van die groot kerk-liggaam, en elkeen het ’n eie gawe van die Gees gekry om ’n bydrae te lewer; jy óók. Jý is nodig.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.