Toe het hy op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!” Met hierdie woorde het hy gesterwe. (Hand 7:60)

Die spreekwoord lui: “As jy vir niks staan nie, sal jy vir alles val.” Die Here Jesus het mense op aarde nodig wat standpunt kan inneem oor kardinale sake; mense wat nie maar net die skouers optrek het anderpad kyk, of onderlangs brom nie.
Stefanus was so iemand, en, soos ons vandag goed weet, is die magte in beheer nie geneë om fluitjieblasers die ruimte te gee om hulle stem te laat hoor nie. Te veel fluitjieblasers word gemarginaliseer of vermoor, ook in ons land. Stefanus het met sy lewe geboet omdat hy gestaan het by die evangelie van Jesus Christus.
Ons kan ’n les leer by hoe Stefanus sy saak behartig het. Hy het nie mense persoonlik aangeval en veroordeel nie. Hy het bloot by die waarheid van die evangelie gestaan en die boodskap van verlossing in Jesus Christus verkondig, en uiteindelik selfs vir sy vervolgers gebid, soos die Here Jesus ook gedoen het (vers 60, vgl Luk 23:34).
Om te staan by wat reg is, kan jou baie kos. Maak dus seker jy staan vir die regte saak.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.