Bileam het geantwoord: “Ek moes tog presies kom sê wat die Here my voorgesê het.” (vers 12)

Die intrige tussen Bileam, ’n nie-Israelse profeet, Balak, die Moabitiese koning, en die Here, die God van Israel, verdiep. Bileam is vasgevang tussen God en Balak. Uiteindelik het hy nie ’n keuse gehad nie. Hy móés Israel seën soos die Here beveel het, en hulle nie vervloek soos Balak geëis het nie.
Dit is ’n situasie wat vir ons in ’n moderne wêreld nie só vreemd is nie. Dikwels beland ons in ’n knyptang tussen wat God van ons verwag, en wat die wêreld eis. Dalk is dit ’n werkgewer wat van jou verwag om die reëls te buig. Dalk word daar van jou verwag om ’n artikel of saak te bemark deur misleidende inligting te gebruik. Dalk is dit ’n mede-student wat wil hê jy moet jou harde navorsing aan haar beskikbaar stel sodat sy sonder ’n steek werk kan loskom. Dalk is daar druk op jou om saam met die ander iemand te diskrediteer oor sy ras of gender.
Bileam kon uiteindelik nie God se woord verontagsaam nie, ondanks Balak se beste pogings. Hoe eer jý God se aanspraak op jou lewe?

image_pdfimage_print

Views: 7

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.