jy moet die voorhangsel, met hakies aan die binnekant, ophang. Sit dan die ark met die getuienis daarin, agter die voorhangsel. Die voorhangsel moet vir julle die Heilige van die Allerheiligste skei. (vers 33)

Die tabernakel, of tent van ontmoeting (Eks 29:42) het twee dele gehad. Die Heilige waar die priesters wat diens doen, kon kom, was die voorste deel. Hier het die tafel met toonbrode gestaan, asook die menora of kandelaar (vers 35). In die Allerheiligste is die ark van die verbond met die versoendeksel bo-op. Slegs die hoëpriester mag hier gekom het, en dit net een keer per jaar op die Groot Versoendag (Lev 16:2-3). Die Allerheiligste is van die Heilige geskei deur die voorhangsel, ’n swaar gordyn, om ongemagtigde toegang te verhinder.

Toe Salomo later ’n tempel gebou het, het hy hierdie selfde voorskrifte gebruik. Daar was ook die twee dele in die tempel, geskei deur die voorhangsel (2 Kron 3:14). Dieselfde plan is later gevolg met Herodes se tempel wat in Jesus se tyd bestaan het.

Met Jesus se sterwe het dié voorhangsel van bo tot onder middeldeur geskeur om die Allerheiligste oop te maak (Mark 15:38). Nou het ek en jy vrye toegang tot God se troon (Heb 10:19-20). Kom ons maak daarvan gebruik!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.