Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie vir diĆ© wat swak is, ā€™n aanleiding tot sonde word nie. (1 Kor 8:9)

Destyds (1857) toe die sinode van die NG Kerk besluit het om afsonderlike dienste vir bruin lidmate in die kerk te begin, het hulle geweet dat dit verkeerd is, maar hulle het desnieteenstaande die besluit geneem ā€œas gevolg van sommige se swakheid.ā€ DiĆ© besluit het die kerklike landskap in die NG Kerk onherroeplik verander. Selfs vandag nog, lĆ”nk nadat die NG Kerk in 1986 besluit het die kerk is oop vir almal, ongeag hulle bevolkingsgroep, is daar steeds lidmate wat kerkrade as ā€™t ware gevange hou in ā€™n beleid van apartheid, omdat hulle dreig om te loop ā€œas die swartes in die kerk inkom.ā€
Op sterkte van vers 9 sou ā€™n mens kon sĆŖ dis reg dat die swakkes in ag geneem moet word. Ongelukkig is diĆ© argument keer op keer misbruik om kerklike debatte oor rassisme dood te smoor. Hierdie argument kan nie gebruik word om dinge wat heel duidelik verkeerd is, te regverdig nie.
Dis nie verkeerd om nie afgodsoffervleis te eet nie. Dis ā€™n persoonlike keuse en benadeel nie ander nie. Rassisme val nie in hierdie kategorie nie, en is onder alle omstandighede verkeerd.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.