U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. (Ps 16:11)

Oorvloedige blydskap by God. Dít is mos die evangelie! Dít is waarvan Christus ons verseker in sy laaste woorde in Matt 28:20, net voor Hy hemel toe is: “Onthou, Ek is by julle al die dae …” – By ons om ons te leer, die pad te wys, die koers aan te dui, rigting te gee, soos die digter in vers 11 sê: “U leer my hoe om te lewe”; maar ook om ons te beskerm (vers 10).
Hy maak dat ons veilig is, Hy hou ons vas wanneer ons siek is, wanneer ons finansies druk, wanneer daar spanning in die huwelik is, as ek nie meer raad weet met my opstandige kind nie, as dinge by die werk of die skool net nie wil uitwerk nie, dan is Hy daar om te sorg, te beskerm – ook dán kan ons weet: Die lewende Here is by my! Ook vir die sorge van elke dag, vir kos en klere en huis en werk, ook hiervoor sorg die Here, soos Hy vir die digter gesorg het in sy nood.
Dis mos rede om te juig en bly te wees!

image_pdfimage_print

Views: 13

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.