Lees 1 Pet 2:9-17

Die destydse priesters het nie hulle taak self op hulle geneem nie; hulle is daartoe gesalf. Ons ken almal die verhaal hoe Samuel die jong Dawid tot koning gesalf het (1 Sam 16). In Eksodus 30:30 lees ons hoe God aan Moses opdrag gee om Aäron en sy seuns te salf en hulle so te wy om as priesters vir God diens te doen. Dit was nie net ’n simboliese handeling nie; dit was ’n handeling waardeur God op ’n besondere wyse sy toerusting aan die gesalfde geskenk het.

Jy is natuurlik ook gesalf – nie deur gewyde olie nie, maar deur die Gees van God self. Die Gees woon in jou om jou toe te rus vir jou dienswerk as priester. As jy vers 9 en 10 van 1 Petrus 2 lees, sal jy sien dat daar wonderlike goed oor jou gesê word; dinge wat jy nie self bereik het nie, maar wat Gód aan jou geskenk het: jy is afgesonder, jy is deel van God se volk gemaak, jy het God se barmhartigheid ontvang. Dis alles maniere waarop jy deur God toegerus word om jou roeping as priester te kan uitleef.

Jy sal nog jou eie lysie ook kan maak wat vertel hoe God jou as sy koninklike priester toegerus het. Skryf dit hieronder in die joernaal neer.

Gebed: Dankie, Here, vir die gawe van die Gees in my lewe. Vul my, o Gees van God, en rus my toe vir my groot taak asseblief.

image_pdfimage_print

Views: 13

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.