Lees: Matt 11:28-29

Sekerlik kan ons identifiseer met die woorde “uitgeput en oorlaai”. In ons moderne, gejaagde wêreld is min mense nie uitgeput en lewensmoeg nie. As jy ook so voel, is Jesus se uitnodiging vir jou ook.

Maar in die konteks waarin Jesus sy uitnodiging rig, het Hy waarskynlik aan ’n ander soort oorlaaidheid gedink. Want in sy tyd het die godsdiensleiers die mense toegegooi onder wette en reëls. Vir elke liewe ding onder die son was daar ’n reël of ’n wet; oor die ses honderd van hulle, wat moes verseker dat jy nie per ongeluk een van die groot gebooie oortree nie. Dit het die mense moeg en moedeloos gelaat. Godsdiens het ’n las geword, en lank nie meer ’n vreugde soos God dit bedoel het nie.

Dalk pas jy hier ook in? Dalk is jou geloof vir jou ’n las? ’n Plig, eerder as ’n vreugde? Sondae moet jy kerk toe gaan, jy moet Bybel lees en stiltetyd hou en kleingroep bywoon, jy moet dankoffer gee, en dan is daar gereeld van die kansel af ’n beroep op die gemeente om dié of dáárdie projek te ondersteun. En al wat jy wil doen, is om jou kop toe te trek en te sê: “Los my uit!”

As jy só voel, is hierdie woord van Jesus vir jou. Hy verstaan jou. Hy wéét van die lewe en hoe woes dit kan word. Hy weet van die kerk wat soms onredelike eise aan jou stel. Dis by Hom waar jy rus kan kry.

Gebed: Here Jesus, ek vlug vandag na U toe, want ek smag na die rus wat net U kan bied.

image_pdfimage_print

Views: 4

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.