Lees Psalm 1

Psalm 1:3
Hy is soos ’n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie.

Ons wil almal graag iemand wees wat ’n verskil maak, wat iets beteken vir ander. Van só ’n man vertel Psalm 1 ons, en vergelyk sy lewe met dié van ’n lowergroen vrugteboom.

Sy raad is: lees jou Bybel. Maar nie gou-gou nie. Die man in die psalm het sy vreugde gevind in die Bybel en dit dag en nag oordink. Hy het nie begin bid die oomblik toe hy klaar gelees het nie. Hy het tyd ingeruim om na te dink oor wat hy gelees het. Wat wil die Here vir hom sê? Is daar dalk iets wat hy moet gaan doen? Iets in sy lewe wat moet verander? Dalk ’n nuwe insig wat die Here hom gee? So sit hy en peins; hy draai die teks in sy kop om en om om seker te maak dat hy dit goed verstaan, en om seker te maak dat hy die hele dag die woorde sal onthou en sal kan herkou. Dis in dié nadenke dat die Here aan die woord kom en ons geestelik groei. Miskien moet jy dit probeer?

O God, U gee ons alles as ons net ’n bietjie moeite doen. (Leonard da Vinci)

image_pdfimage_print

Views: 122

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.